Sunday

Regabiete



Twee honderd jaar na Jonadab se optrede saam met Joab en sy bevel aan sy nageslag kom die Here en eer hierdie mense wat nie eens Israelliete is nie – daar sal nooit (en nooit is n baie lang tyd) ‘n man ontbreek wat altyd voor My aangesig sal staan nie. Toe Jonadab hierdie besluit geneem het het hy nie geweet dat die Here vir sy nageslag hierdie fantastiese belofte sal gee nie. Hy het gedoen wat reg is en sy nakomelinge bevel om reg te lewe – hy het nie eens geweet of hulle dit sal hou nie. Hy was nie eens een van die uitverkore volk nie, hy het geen 'guarantees' gehad nie – maar hy het gedoen wat reg is...

Die besluite wat ons neem beinvloed nie net onsself nie, maar selfs geslagte tot 200 jaar later. Tweehonderd jaar later is ongeveer 6 generasies. Kan dit Jou kinders se agterkleinkinders wees?!

In vier generasies is daar ongeveer 30 voorouers in tien generasies is daar 2 046 voorouers
Ons sien in die ou testament dat God ‘n God van generasies is – Hy noem himself die God van Abraham Isak en Jakob. En ons sien dat God ‘n belofte maak in een generasie en dat dit eers in generasies later tot stand kom. Soos die belofte aan Abraham dat h ‘n groot nasie sal wees – en Abraham het net een kind gehad!

Jer 35

No comments:

Post a Comment